grobbelaar.us - Grobler and Grobbelaar Genealogy

Description: Grobler and Grobbelaar Genealogy

Example domain paragraphs

Die stamvader van die Grobbelaar en Grobler families in Suid-Afrika was Johann Grobleben, gebore in Februarie 1671 in Tangermünde, Duitsland.

Sy genetiese oorsprong was Wes-Slawies, want sy haplogroep is R-YP1337 wat 'n vertakking is van R1a-L260 wat bekend staan as die “Wes-Slawiese” haplogroep. Dit kom voor in Poland, Tsjeggiese Republiek, Slovakië, Slovenië en Lusatia - 'n Slawiese enklave binne Duitsland en Poland.

Hy was die seun van Arnoldi wat op 5 Januarie 1634 in Tangermünde gebore is. Arnoldi was die seun van Hans Grobleben wat in 1625 getroud is. Geen geskrewe rekords voor 1617 het 'n dorpsbrand oorleef wat die kerk met alle rekords vernietig het nie, so verder terug as Hans kan dit nie nagevors word nie.